Doen Aansoek
2026 Aansoeke
Graad R en Graad 1: Gesluit
Ander grade (Eekhorinkies, Graad 2 tot 7): Open 04 Augustus 2025 en sluit 18 Augustus 2025
Klik hier vir meer inligting rakende die aansoekproses.
Die WKOD raai ouers sterk aan om by meer as een skool aansoek te doen. Dit sal verseker dat ouers ten minste ‘n ander moontlike opsie het as die skool van hul keuse nie plek het nie.
Navrae rakende aansoeke kan gestuur word aan: brucknerdevilliers.prim@wcgschools.gov.za
Volg onderstaande stappe:
- 1(Pre-graad R): Ouers moet op die WKOD stelsel ‘n profiel skep deurom te registreer. Graad R en Graad 1: Registreer en doen aansoek op die WKOD se webtuiste.
Graad 2 tot 7: Registreer op die WKOD stelsel en doen aanlyn aansoek. (Open 04 Augustus) Volg onderstaande skakel vir meer inligting; Admissions | Western Cape Education Department
UITKOMSTE: Graad R en Graad 1: Vanaf 30 Mei tot 10 Junie 2025 sal u per sms of e-pos deur die WKOD ingelig word aangaande die uitkoms van u aansoek. Dit sal ook op die WKOD se webtuiste aangedui word. Ouers moet tussen 30 Mei en 17 Junie 2025 aanvaarding aanlyn bevestig. Graad 2 tot 7: Ouers moet op die WKOD stelsel registreer om die uitkomste te besigtig. Eekhorinkie-aansoeke word deur die skool opgelaai en word outomaties aan die ouer se profiel gekoppel. Die stelsel sal vanaf 17 September 2025 die uitkomste vertoon. Ouers moet tussen 17 en 30 September 2025 aanvaarding aanlyn bevestig.